27 Januarie 2022
Die UDM leier Bantu Holomisa sê president Cyril Ramaphosa moet oop kaarte speel oor watter departemente, munisipaliteite en staatsbeheerde maatskappye openbare fondse misbruik het.
Dit volg na die staande komitee oor openbare rekeninge (SKOOR) gevra het dat president Ramaphosa sy kommentaar moet verduidelik, in ‘n uitgelekte klankopname waarin hy gesinspeel het dat openbare fondse gesteel is vir die ANC se gewin.
Holomisa sê die publiek wil weet hoe die ANC sy hande op die fondse gekry het.
Hy sê die uitgelekte klankopname bevestig die vermoede dat die ANC die regering se fondse misbruik.
https://twitter.com/BantuHolomisa/status/1485991751135506434