Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Uber: Dié besittings word gereeld in huurmotors vergeet

21 Mei 2021

Het jy al ooit iets in ‘n huurmotor vergeet?

Die huurmotordiens, Uber het sy jaarlikse Lost & Found Index uitgereik – wat dié goedere lys wat gereeld in Uber motors vergeet word en ook hoe jy jou besittings kan terugkry.

Dié indeks wys dat Suid-Afrikaners loskop raak aan die einde van die week en veral op Donderdae en Vrydae goed in huurmotors vergeet. Inwoners van Johannesburg is volgens dié lys die mees vergeetagtig, gevolg deur inwoners van Pretoria en Kaapstad.

Die top 10 items wat gereeld deur Suid-Afrikaners in Uber-motors vergeet word is soos volg:

  1. Selfoon/ kamera
  2. Sleuters
  3. Oorfone
  4. Beursie
  5. Rugsakke, sakke of pakkies
  6. Klere-items
  7. Brille
  8. Juweliersware, horlosies, grimering
  9. Kruideniersware
  10. Skootrekenaars

Uber in Amerika het ook op die indeks melding gemaak van unieke en vreemde voorwerpe, wat al in sy motors agtergelaat is. ‘n Tand, koelerhouer met vis, toiletsitplek en ‘n troeteldier se as is net van dié vreemde besittings, wat Uber-drywers in hulle motors gevind het.

Indien jy jou besittings verloor het kan jy op jou Uber toepassing die drywer kontak om jou verlore item aan te meld.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Eie rigting

Zoeloes op die Afrikanerstoep

Eskom

Eskom gereed om weer geld te leen

ENOCH

Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

pexels-shvets-production-9775854

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”

SENZO-MCHUNU

Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig

Ander Nuus Artikels

Kleinfontein
Kleinfontein-gemeenskap reageer op beplande EFF-betoging
CARNEY
Kanada kry ‘n nuwe premier
GpsUsB5XkAAKkI0
Paastyd padsterftes neem met 45,6% af
Eie rigting
Zoeloes op die Afrikanerstoep
Eskom
Eskom gereed om weer geld te leen

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende