Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

“Tyd om die Skerpioene terug te bring,” sê Mbalula

23 Julie 2023

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula het gister tydens die ANC Vroueliga se verkiesingskonferensie gesê dat die misdaadbestrydingseenheid, die Skerpioene teruggebring moet word. 

Dit te midde van hoë misdaadvlakke wat tans in die land ervaar word.

Die Skerpioene is amptelik in Januarie 2009 ontbind na oud-president Jacob Zuma se verkiesing en vervang met die Valke. Mbalula sê dinge in die land sal verander, en meen indien die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) dit nié kan regkry nie moet hulle versterk word.

Volgens Mbalula wil dit voorkom asof misdadigers nie meer bang is nie, omdat talle voorvalle van misdaad helderoordag plaasvind. Hy het veral verwys na die VBS Mutual Bank-skandaal waartydens mense geld belê het, en dit verloor het weens korrupsie.

Hy sê die ANC doen nou ‘n ernstige beroep op wetstoepassers om misdadigers in hegtenis te neem, en indien dit nie gedoen kan word nie sál die Skerpioene teruggebring word.

Die Skerpioene was ‘n gespesialiseerde teen-misdaadeenheid van die NVG wat in 2001 deur oud-president Thabo Mbeki op die been gebring is. Hulle doel was om hoëvlak- en prioriteitsmisdade te ondersoek, soos korrupsie.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

iStock-636725972-e1653556428313

Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Ander Nuus Artikels

arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER
POLISIE2
VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI
xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende