14 Oktober 2024
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het bevestig dat hy meer as 1,2-miljoen aansoeke ontvang het van mense wat vroeë onttrekkings uit hulle pensioenfondse wil maak.
Dit kom nadat die sogenaamde tweepotstelsel – gister presies ses weke gelede – op 1 September in werking gestel is. Dié nuwe stelsel maak dit moontlik vir lede om een keer in ’n belastingjaar geld te onttrek wat in die een pot bygedra is. Maandelikse bydraes word nou in twee potte opgedeel.
Volgens die ontvanger het hy meer as 64 000 aansoeke om belastingklaring vir dié doel afgekeur. Algeheel is nagenoeg R21,4-miljard se betalings aan aansoekers uitbetaal.
Die SAID sê intussen dat meer as 200 000 belastingbetalers beboet kan word omdat hulle volgens die SAID hul inkomste onderbeklemtoon het.