Die VF Plus het die nasionale departement van water en sanitasie versoek om ʼn ondersoek na die Mafube-plaaslike munisipaliteit te doen omdat die dorp Tweeling in die Vrystaat al vir twee maande sonder water is.
Die Mafube-plaaslike munisipaliteit bestuur Cornelia, Frankfort, Tweeling en Villiers. Die VF Plus-LPW in die Vrystaat, Armand Cloete sê ‘n afvaardiging van die party het die dorp vroeër die week besoek na verskeie klagtes van inwoners.
Cloete sê die Menseregtekommissie het onlangs bevind dat Mafube soveel as drie artikels van die Grondwet en die Nasionale Waterwet oortree deur inwoners sonder water te laat.
Die burgemeester, Tlhoare Motsoeneng, ontken egter dat daar ʼn waterkrisis is.
“Die VF Plus se ondersoek die afgelope week dui duidelik op nalatigheid en ʼn gebrek aan optrede om stukkende pompe te vervang,” sê Cloete.