Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Tweede plaasaanval die week in Noordwes eis boer se lewe

Die DA in die Noordwes-provinsie sê hy veroordeel die moord op Arrie Smit en die aanval op sy vrou, Riekie Smit, vanoggend om 03:15 op ’n kleinhoewe in Schweizer-Reneke.

Volgens die DA-LP, en kiesafdelingshoof in die Mamusa-plaaslike munisipaliteit, Carin Visser is dit die tweede plaasaanval in Noordwes dié week.

Visser sê voorlopige inligting wys daarop dat twee verdagtes glo vanoggend toegang tot Smit se huis gekry het, deur die elektriese heining te knip omdat beurtkrag in werking was. Twee skote is op hom afgevuur.

Sy vrou kon daarin slaag om die veiligheidsdienste te ontbied. Sy is ongedeerd, maar haar man is op die toneel dood verklaar. In die eerste voorval vroeër die week is skote van buite Banie de Klerk se huis op Lankgewag afgevuur, waarna die verdagtes gevlug het. Hy het geen beserings opgedoen nie.

“In beide plaasaanvalle is daar slegs skote op die slagoffers afgevuur, maar niks is gesteel nie.” Visser meen die Noordwes-regering se volgehoue ontkenning van die duidelike motivering agter plaasaanvalle is nog ‘n faktor wat ernstige agterdog wek.

“Die DA sal ‘n PAIA-aansoek by die Noordwes SAPD indien waarin ons die rekords van vanjaar se plaasaanval-ondersoeke versoek, asook hoeveel sake opgelos is. Ons sal ook skriftelike vrae aan die nasionale raad van provinsies en die Noordwes wetgewer voorlê oor die inisiatiewe wat die regering geneem het om plaasaanvalle in Noordwes te voorkom en watter van daardie inisiatiewe suksesvol was.

Die brutale aanval op boere en landbou werkers is ‘n verlies vir die hele Suid-Afrika en moet so hanteer word. Die DA sal nie rus totdat die ANC-regering verantwoordelikheid neem vir die veiligheid van boere nie

nadat ses verdagtes skote op Banie de Klerk afgevuur het van buite sy huis op Lankgewag en toe dadelik gevlug het. Hy het geen beserings opgedoen nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

CYRIL IVOOR

“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-13 091435
49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom
Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende