Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Tweede persoon sterf weens Guillain-Barré-sindroom

12 September 2022

Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad, SAHPRA, het bevestig dat ‘n tweede persoon dood is nadat die oorledene Guillain-Barré-sindroom, GBS, onder lede gehad het.

SAHPRA het die eerste soortgelyke sterfte op 4 Augustus vanjaar aangekondig nadat dié pasiënt die Johnson & Johnson entstof teen die virus ontvang het.

Die organisasie se uitvoerende hoof, dr. Boitumelo Semete-Makokotlela, sê die assessering van die geval is behartig deur die nasionale deskundige komitee oor immuniseringsveiligheid en daar is van die Wêreldgesondheidsorganisasie se metodologie gebruik te maak.

Sy sê die sterfte is geklassifiseer as ʼn entstofverwante voorval.

Die pasiënt se simptome strook met dié van GBS en geen ander moontlike oorsaak van GBS kon geïdentifiseer word nie.

Dié uiters seldsame sindroom vernietig die beskermende skede , die miëlien, om die aksone van ʼn pasiënt se senuweeselliggame, die neurone.

Gevolglik kan die neurone nie meer boodskappe van die brein na die ledemate gelei nie en verlamming volg.

SAHPRA hou vol dat die voordele verbonde aan die Covid-19-entstof veel swaarder weeg as die risiko daaraan verbonde. Meer as 37-miljoen entstofdosisse – waaronder nege miljoen dosisse van Johnson & Johnson se entstof – is teen Augustus 2022 in Suid-Afrika toegedien.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GrYgh3mW8AA78LQ

Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie

0000800397_resized_oscarmabuyane1022

Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

School,Classroom,With,Blackboard

Departement van onderwys veroordeel aanval op leerling

Gwede2-1

Gwede Mantashe SA se “nuwe president” – net tydelik

ChatGPT Image May 19, 2025, 03_15_29 PM

Malema: “Ramaphosa se besoek na VSA is ‘n mors van tyd”

Ander Nuus Artikels

GrYgh3mW8AA78LQ
Voormalige burgemeester vaar uit oor brandende substasies
Matriekeksamen
Onderwysdepartement stel raad saam om 30%-slaagsyfer te heroorweeg
GrWax5CXIAAmt93
Wraakpornografie is nou onwettig in die VSA na Trump ‘n wet onderteken
GrYgh3mW8AA78LQ
Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie
0000800397_resized_oscarmabuyane1022
Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende