7 Maart 2024
Twee Vrystaatse skole is gesluit nadat nagenoeg ‘n honderd leerlinge siek geword het.
Volgens die provinsiale onderwysdepartement is die Laerskole Philippolis en Bergmanshoogte in die Xhariep-distrik gesluit nadat verskeie leerlinge die B-stam van die griepvirus en die RS-virus opgedoen het.
‘n Woordvoerder van dié departement, Howard Ndaba, sê die graad R- tot graad 5-klasse is die swaarste getref. Ses leerlinge van die 96 wat positief getoets het moes in die hospitaal opgeneem word.
Dit is nie bekend wanneer dié skole weer sal heropen nie.