7 September 2022
Twee vroue is in hegtenis geneem nadat ‘n 1-jarige dogtertjie na bewering Maandagmiddag uit ‘n waentjie gegryp is in ‘n winkel in Clearly Park in Port Elizabeth (Gqeberha).
‘n Video van die voorval is wyd op sosiale media versprei. In die video kan gesien word hoe die kind se ouers besig is met inkopies toe ‘n verdagte rustig aangestap kom, die kind gryp en wegloop.
Die polisiewoordvoerder, kolonel Priscilla Naidu sê toe die pad enkele oomblikke later besef dat die kind weg is het hy na die veiligheidswag by die deur gehardloop. Die veiligheidswag was op pad om die deure te sluit, met alle klante steeds in die winkel toe die eerste verdagte aan die mans noem dat die baba by haar vriendin, die tweede verdagte is.
Volgens Naidu het die vroue aan die pa gesê dat hulle net ‘n grap gemaak het. Hy het egter aan die polisie gesê dat hy nie die vroue ken nie.