13 November 2022
‘n Vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en ‘n vliegtuig van die FlySafair-lugdiens het gisteraand in die parkeerterrein van die OR Tambo internasionale lughawe gebots.
Luidens ‘n verklaring van FlySafair is die stertvlakte van sy Boeing 737-800-vliegtuig deur die vlerkpunt van ‘n SAL Airbus A320 getref.
Die FlySafair-vliegtuig was ten tyde van die voorval binne die grense van een van die hekke by die lughawe.
SAL sê die sleepstang van ‘n insleepwa het gebreek terwyl hulle vliegtuig van die lughawe se oprit na die instandhouhdingsfasiliteit gesleep is.
Volgens die SAL het dié breek veroorsaak dat die vliegtuig weggeswaai het en die stilstaande FlySafair-vliegtuig getref het.
Beide vliegtuie het geen passasiers aan boord gehad nie.
Foto’s: Twitter