28 Maart 2023
Twee vlieëniers is beseer nadat ‘n ligte vliegtuig vanoggend in Kraaifontein, in die Wes-Kaap neergestort het.
Luidens ‘n verklaring van ‘n plaaslike nooddiensverskaffer, Titanium Securitas, is beide die vlieëniers buite die vliegtuig aangetref. Volgens die maatskappy is hulle omstreeks 11:00 van die ongeluk ingelig.
Een vlieënier is ernstig beseer en per herlikopter na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer. Die ander vlieënier het ligte beserings opgedoen.
Die plaaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel. Die Burgerlugvaartowerheid wag ook eers vir ‘n verslag oor die ongeluk voordat hulle daaroor sal kommentaar lewer.
Foto’s: Titanium Securitas Medical