31 Januarie 2024
Twee verdagtes is aangekeer nadat twee renosters op ‘n plaas in Limpopo gestroop is.
Volgens die polisie het die verdagtes in twee voertuie gevlug en is die een opgemerk terwyl hy na Gauteng onderweg was.
Die tweede verdagte is later in Sky City – in Alberton – in hegtenis geneem.
Beslag is gelê op drie renosterhorings asook ‘n jaggeweer en verskeie messe.
In ‘n onverwante voorval naby Gravelotte is vier gewapende verdagtes Sondag aangekeer nadat skote die vorige dag in dié gebied gehoor is.
Plaaslike boere en privaat veiligheidsmaatkappye het die polisie bygestaan om die verdagtes vas te trek nadat ‘n verdagte voertuig opgemerk is.
In dié geval is beslag gelê op twee jaggewere en verskeie kapmesse en byle.