3 Junie 2021
Twee veiligheidswagte van die Groenkloof Natuurreservaat is dood nadat hulle na bewering probeer het om warm te bly gedurende die koue nag.
Die woordvoerder van die Tshwane-Metro, Lindela Mashigo het in ‘n verklaring gesê dat die twee se liggame gisteroggend in ‘n vraghouer deur hulle toesighouer gevind is.
Hulle was werknemers van ‘n privaat veiligheidsmaatskappy, wat dienste aan die natuurreservaat lewer.
Volgens Mashigo is die mans glo in hulle slaap dood terwyl hulle deur rook oorweldig is van ‘n vuur, wat in ‘n drom gemaak is. Dit nadat hulle hulself glo in die houer toegesluit het vir hitte.
Mashigo sê geen vuilspel word vermoed nie.