Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Twee skoolseuns verdrink in see tydens rugbytoer

28 Maart 2022

Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het sy skok en medelye uitgespreek met die afsterwe van twee leerlinge van die Hoërskool Birchleigh – in Kempton Park.

Die leerders – onderskeidelik in graad-10 en graad-12 – het vermoedelik verdrink tydens ‘n rugbytoer na KwaZulu-Natal.

Van die spelers het gister saam met onderwysers in die see by Durban se Noordstrand gaan swem waarna ‘n aantal van hulle in die moeilikheid geraak het.

Lewensredders se hulp is ingeroep om hulle na veiligheid te bring, maar daar kon van twee leerders nie rekenskap gegee word nie.

‘n Soektog is deur die Nasionale Seereddingsinstituut en die polisie se soek- en reddingseenheid van stapel laat loop en hulle liggame is vanoggend – sowat twee-kilometer noord van waar hulle geswem het – gevind.

Lesufi sê die departement se sielkundiges is na die skool ontplooi om bystand aan mede-leerlinge te verleen.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image May 19, 2025, 03_15_29 PM

Malema: “Ramaphosa se besoek na VSA is ‘n mors van tyd”

494176549_678769244799837_2127636851668020320_n

Twee verdagtes vasgetrek na moord op bejaarde Limpopo-boer

South Africa Scandal Explainer

Phala Phala: Saak tot September uitgestel

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

SAUK TV-nuus skuif binnekort weer na ‘n vroeër tydgleuf

Gq_5ZqlXwAA4loq

John Steenhuisen besoek ook VSA – wil handelsverhoudinge versterk

Ander Nuus Artikels

0000800397_resized_oscarmabuyane1022
Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking
School,Classroom,With,Blackboard
Departement van onderwys veroordeel aanval op leerling
Gwede2-1
Gwede Mantashe SA se “nuwe president” – net tydelik
ChatGPT Image May 19, 2025, 03_15_29 PM
Malema: “Ramaphosa se besoek na VSA is ‘n mors van tyd”
494176549_678769244799837_2127636851668020320_n
Twee verdagtes vasgetrek na moord op bejaarde Limpopo-boer

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende