My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

Twee senior SAUK-bestuurders afgedank

8 Julie 2024

Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) het bevestig dat twee senior bestuurders, wat sedert Februarie geskors is, afgedank is omdat hulle ‘n multimiljoen-rand winsreëling met ‘n digitale kontrak probeer wegsteek het.

Ian Plaatjies en Merlin Naicker.

Ian Plaatjies, wat sedert November 2019 as die SAUK se bedryfshoof dien, en die hoof van videovermaak, Merlin Naicker se dienskontrakte is met onmiddellike effek beëindig ná ’n dissiplinêre proses.

Volgens die SAUK se uitvoerende beampte vir korporatiewe aangeleenthede en bemarking, Mmoni Seapolelo, het die direksie die bevindinge en aanbevelings van ‘n verslag deur ‘n onafhanklike paneel oorweeg en besluit om dié twee te ontslaan.

Sy sê die SAUK gaan nie meer inligting hieroor bekend maak nie.

Plaatjies en Naicker is in Februarie geskors – ongeveer dieselfde tyd wat die hoof van advertensieverkope, Reginald Nxumalo, bedank het.

Dit het gebeur in die nasleep van hul beweerde versuim om ‘n winsaandeelooreenkoms van 7,5% met Discover Digital bekend te maak wat die openbare uitsaaier se SABC+ videostroomdiens bestuur.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende