Twee personeellede van Israel se ambassade in die Verenigde State is laat gisteraand in ‘n aanval doodgeskiet.
Volgens die VSA se wetstoepassingsowerhede is die manlike en vroulike personeellede buite die Capital Jewish Museum in Washington, DC, noodlottig gewond.

Die Amerikaanse minister van binnelandse veiligheid, Kristi Noem, sê die personeel is vermoor sonder dat hulle die aanval uitgelok het.
Die Amerikaanse Joodse Gemeenskap het ‘n funksie by dié museum aangebied toe die aanval plaasgevind het.
Intussen het die VSA se president, Donald Trump op sy sosiale media-platform, Truth Social gesê hy is geskok deur die voorval en meen hierdie moorde in Washington DC, wat klaarblyklik op antisemitisme gebaseer is, moet nou eindig.
Die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu sê sy hart is gebroke oor die voorval.
Die verdagte is geïdentifiseer as die 30-jarige Elias Rodriguez en is onmiddellik na die voorval in hegtenis geneem. Hy kon gehoor word waar hy herhaaldelik skree: “Free Palestine.”
🚨 Breaking: Two Israeli Embassy staffers were fatally shot outside the Jewish Museum in Washington D.C.
Footage shows the suspect, identified as Elias Rodriguez of Chicago, being taken into custody.
He shouted “Free Palestine” after his arrest.Meanwhile, Israel has shot… pic.twitter.com/5XKJZLL2fr
— Truth Troll Official™️ (@truthtroll_X) May 22, 2025
Foto: @thebrahmaan (X)