Twee munisipaliteite se swak graderings is ‘n bewyse van die Vrystaat se verval


Luister nou

Volgende

Twee munisipaliteite se swak graderings is ‘n bewyse van die Vrystaat se verval

25 Mei 2023

Twee van die Vrystaat se grootste munisipaliteit – die Mangaung-metro in Bloemfontein en Matjhabeng in Welkom het uiters swak gevaar in ‘n toekenningsgeleentheid van Ratings Africa in Midvaal.

Volgens die DA se leier in die Vrystaat, dr. Roy Jankielsohn het die Mangaung-metro ‘n gradering van 24% gekry, in vergelyking met die nasionale metro-gemiddelde van 41%. Die Kaapstad-metro se gradering is 64%. Ook die Tshwane-metro (Pretoria) het ‘n gradering van 24% gekry.

Volgens Jankielsohn is Mangaung se bedryfstekort van R1,9-miljard ‘n groot rede vir die swak gradering. Die Vrystaat se tweede grootste munisipaliteit, Matjhabeng het ‘n gradering van 11% ontvang, en onreëlmatige besteding én bedryfstekorte het grootliks daartoe bygedra.

Jankielsohn meen hierdie graderings plaas opnuut die kalklig op wanbestuur en ‘n tekort aan dienslewering in die Vrystaat.

Naledi (Vryburg) in Noordwes is algeheel die munisipaliteit wat die swakste gevaar het met ‘n gradering van 7%. Matjhabeng en Lekwa (Standerton) in Mpumalanga het ‘n 11% gradering gekry. Die Enoch Mgijima-munisipaliteit in Queenstown in die Oos-Kaap het ‘n gradering van 12%, terwyl Newcastle in KwaZulu-Natal 15% behaal het.

Beide Limpopo se Mogalakwena-munisipaliteit in Potgietersrus en Gauteng se Rand West City het 19% behaal. Die munisipaliteit wat in die Wes-Kaap die swakste gevaar het, is Beaufort-Wes met 21%.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Twee munisipaliteite se swak graderings is ‘n bewyse van die Vrystaat se verval


Luister nou

Volgende