24 November 2023
Student-helikoptervlieënier en sy instrukteur is ernstig beseer toe hul Robinson R44 Raven II-helikopter naby ’n veiligheidskompleks in Midrand neergestort het.
Die Burgerlugvaartowerheid het in ‘n verklaring gesê hul ongeluk- en voorvalondersoekers is na die ongeluksterrein gestuur opsoek na bewysstukke.
Die owerheid sê die tuig het ook aansienlike skade opgedoen tydens die voorval.
Volgens die owerheid sal ‘n voorlopige verslag binne dertig dae uitgereik word.