7 Oktober 2022
‘n Man en vrou is dood en verskeie ander is beseer nadat twee vragmotors en twee motors vroeër vanoggend by die Pinehaven-kruising op die N14 in Krugersdorp gebots het.

Die ongeluk het net na 07:00 vanoggend gebeur.
Die woordvoerder van die ER24-nooddienste, Russel Meiring het vanoggend hierdie sterftes bevestig.
Meiring sê die man is ‘n vragmotor gevin en is op die toneel dood verklaar terwyl die vrou aan haar wonde beswyk het in die helikopter op pad na die hospitaal. Sy was vermoedelik die bestuurder van ‘n ligte motorvoertuig.
Volgens Meiring is die plaaslike owerhede tans op die toneel om verdere ondersoek in te stel.