27 Desember 2021
Twee mans het op Kersdag in ’n plaasdam in Ladismith in die Kannaland-distrik verdrink.
Die 21-jarige André Appels en die 26-jarige Ruben Coetzee het Saterdag (25 Desember) omstreeks 12:00 in ‘n dam op ‘n plaas gaan swem.
Een van die twee het in die moeilikheid geraak, toe die ander een hom gaan probeer help het. Albei mans het egter toe onder die water verdwyn.
Die polisie en polisieduikers is na die dam ontbied, en Appels en Coetzee is teen 16:00 die middag gevind. Hulle is op die toneel dood verklaar.
‘n Lykskouing sal gedoen word om die presiese oorsaak van die twee se dood vas te stel.