3 Februarie 2022
Twee mans is in die Noord-Kaapse hooggeregshof tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis na die moord op die 41-jarige hoteleienaar van Pofadder, Leon Brits.
Enrich Williams (35) en Amatle Bareki (25) is vanoggend gevonnis nadat hulle vroeër skuldig bevind is aan die moord. Brits se liggaam is in Oktober 2020 in sy swembad gevind. Hulle is ook gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf vir roof met verswarende omstandighede, wat gelyklopend uitgedien sal word.
LEES OOK: POFADDER-WEDUWEE BEKEN SKULD OP MAN SE MOORD
Nog ‘n verdagte, die 38-jarige Jacques van Vuuren het reeds verlede jaar begin om sy vonnis van 20 jaar gevangenisstraf uit te dien, weens sy aandeel in die moord. Hy is daarvan beskuldig dat hy saam met Williams en Bareki gewerk het om die moord op Brits te beplan.
As deel van sy pleitooreenkoms het Van Vuuren vir Brits se weduwee, Suretha ook by die moord betrek.
LEES OOK: VERHOOR BEGIN IN NOVEMBER NÁ MOORD OP POFADDER-HOTELEIENAAR
Suretha het vir Van Vuuren betaal om die moordenaars op te spoor. Sy dien ook reeds 25 jaar gevangenisstraf uit.