24 Junie 2022
Die polisie in die Vrystaat het ‘n 21-jarige vrou in hegtenis geneem nadat twee meisies, hulle pa en troetelkat van Bethlehem dood is nadat hulle glo boontjiesop geëet het.
Die meisies, onderskeidelik 10- en 14 jaar oud is deur onderwysers van die Utopia Plaasskool na die Phekalong-hospitaal in Bethlehem geneem, terwyl die pa by die werk dood is. ‘n Derde meisie – 11 jaar oud – is in die hospitaal opgeneem.
Volgens die polisiewoordvoerder, kaptein Phumelelo Dhlamini is dit die kinders se tannie wat in hegtenis geneem. Hy sê voorlopige ondersoeke dui daarop dat die vrou die sop gekook het vir haar familielede om vir ontbyt te eet. Sy het nie daarvan geëet nie.
Sy sal na verwagting vandag in die Bethlehem landdroshof verskyn.