10 Februarie 2023
Twee mense is dood nadat ‘n balkon se reling by ‘n woonstelkompleks by Shakas Rock – aan die KwaZulu-Natalse Noordkus – meegegee het.
Drie mense was op die balkon – wat op die derde verdieping van die kompleks geleë is – ten tyde van die voorval.
Paramedici het al drie pasiënte in ‘n kritieke toestand op die toneel aangetref en met gevorderde lewensondersteunende toerusting probeer om hulle te stabiliseer.
Twee se toestand het vererger en hulle is op die toneel dood terwyl die derde – ‘n vrou – in ‘n ernstige toestand in ‘n naby-geleë hospitaal opgeneem is.