Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende

Twee apteekgroepe staan regering by met fase 2 van sy inentingsprogram

17 Mei 2021

Die apteekgroepe, Dis-Chem en Clicks het toestemming vanaf die nasionale gesondheidsdepartement gekry om die regering by te staan in fase 2 van sy inentingsprogram.

Fase 2 – wat die inenting van mense ouer as 60 jaar asook dié met onderliggende siektestoestande behels – het vanoggend begin.

Dis-Chem het 32 inentingspersele aangewys vir Covid-19 inentings, met 11 van dié persele, wat reeds vanaf 24 Mei gereed sal wees.

Volgens die groep se nasionale kliniek-bestuurder, Lizeth Kruger sal die elf lokale tussen 500 en 600 mense per dag kan inent. Vyf van dié persele is in Gauteng, een in die Oos-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal en
een in die Wes-Kaap.

Die inentings sal nie by Dis-Chem se winkels gedoen word nie weens die entstof wat in koelkaste geberg moet word.

LEES OOK: FASE 2 VAN DIE REGERING SE INENTINGSVELDTOG SKOP VANDAG AF

Intussen sal Clicks inentings by 47 van sy apteke kan toedien. Clicks se handelshoof, Rachel Wrigglesworth sê die apteekgroep wag nog op goedkeuring vir 520 van sy winkels.

Sy sê Clicks se personeellede is opgelei om die inentings te kan toedien.

Clicks se groothandelafdeling, United Pharmaceutical Distributors sal die entstowwe op sy persele in koelkamers hou en na die verskeie Clicks-winkels neem.

Diegene, wat op die departement van gesondheid se Covid-19-portaal geregistreer het vir die entstof sal ‘n SMS-boodskap ontvang met ‘n datum en tyd vir die inenting asook ‘n koepon-nommer, wat saam met die persoon se ID en mediesefonds-inligting (indien van toepassing) by die inentingsperseel ingehandig moet word.

Die inenting by Clicks en Dis-Chem sal ‘n administrasiefooi van R70 kos, maar kan by die gesondheidsdepartement teruggeëis word.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende