7 Februarie 2023
Soek en reddingspanne in Turkye se pogings om na oorlewendes onder die puin te soek is bemoeilik deur koue en nat weer wat gister in dié land en Sirië voorgekom het.
Dit kom nadat ‘n aardbewing van 7,8 op die Richterskaal gisteroggend Turkye getref het. Die dodetal het na meer as 4 300 gestyg, met meer as 16 000 mense wat in Turkye beseer is.
Volgens rampspanne in Turkye en Sirië is daar meer as 5 600 gebou wat weens die aardbewing beskadig is.
Die Wêreld Gesondheids Organisasie sê die dodetal kan na meer as 20,000 styg. Intussen het nagenoeg 45 lande reeds hulle hulp aangebied om na vermiste mense te soek.
Die Suid-Afrikaanse hulpverleningsorganisasie Gift of the Givers sê sy soek-en-reddingspanne is gereed om teen vandag op die laatste na Turkye en Sirië te vlieg om hulp te gaan verleen.