22 Mei 2023
Geskokte passasiers en bemanningslede het vanoggend, plaaslike tyd veilig in Singapoer geland na ‘n bejaarde persoon gister dood is, en verskeie beseer is weens ernstige turbulensie.
Singapore Airlines se vlug SQ321 was vanaf Londen op pad terug na Singapoer toe dit turbulensie tref 10 ure nadat dit opgestyg het.
Die vliegtuig het 211 passasiers en 18 bemanningslede aanboord gehad. Die vliegtuig moes ‘n noodlanding in Bangkok, Thailand doen.
‘n 73-jarige Britse man, Geoff Kitchen is dood nadat hy weens die skok ‘n hartaanval gehad het. Hy was ‘n regisseur by ‘n musiekteater in Bristol.
‘n Britse passasier, Andrew Davies het aan die BBC gesê dat dit skielik gevoel het asof die vliegtuig val, waarna mense vreeslik geskree het. Volgens hom was daar duike in die plafon van die vliegtuig, soos mense se koppe daarteen getref het.
56 passasiers is Australiërs, 47 is van Engeland en 41 van Singapoer. Singapoer se eerste minister, Lawrence Wong het sy medelye betuig met die oorledene se familie.