29 November 2023
‘n 37-jarige verdagte sal vandag in die Palm Ridge Landdroshof verskyn in verband met die moord op die 32-jarige Nadine Terblanche en haar 7-jarige seun Ruandré.
Hulle is op Maandag (27 November) by hulle huis in Alberton aan die Oos-Rand vermoor.
Die provinsiale polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Mavela Masondo sê die vermeende aanvaller het as ’n tuiner by die huis gewerk. Hy is Maandag net na 18:00 by die toneel in hegtenis geneem is.
Masondo sê in ‘n verklaring die huiseienaar, met wie Nadine vermoedelik in ’n verhouding was, het by die huis aangekom en is toe deur die verdagte met ’n byl aangeval.
Hy kon daarin slaag om die aandag van ’n veiligheidswag te trek, wat die verdagte aangekeer het.
Hy sê dit is onbekend hoe Nadine en Ruandré vermoor is en wat die motief vir die moord was.