Tugverhoor afgehandel byna 3 jaar ná staking by Johannesburg-hospitaal


Luister nou

Volgende

Tugverhoor afgehandel byna 3 jaar ná staking by Johannesburg-hospitaal

15 April 2021

Veertig personeellede van die Charlotte Maxeke-Hospitaal in Johannesburg het finale skriftelike waarskuwings gekry omdat hulle glo deelgeneem het aan ‘n onwettige staking in Mei 2018. 

Die werknemers het luidens destydse berigte prestasiebonusse geëis.

Foto: Twitter.

Die departement van gesondheid in Gauteng se woordvoerder, Kwara Kekana sê die werknemers het destyds vullissakke in die ontvangslokaal van die hospitaal uitgegooi. Dele van die gebou is ook tydens die staking beskadig. 

Dié staking het ook tot ‘n stilstand in die hospitaal gelei, met talle pasiënte wat moes wag vir mediese sorg.

Kekana sê 45 betrokke werknemers kon deur middel van beeldmateriaal uitgeken word. Volgens Kekana is die dissiplinêre prosesse teen 40 van die werknemers afgehandel.

Hulle het ‘n skriftelike waarskuwing ontvang en is ook vir twee maande, sonder betaling geskors. Die dissiplinêre verhore van die vyf ander werknemers is nog aan die gang. Die hospitaal beoog om die totale proses teen einde Mei af te handel. 

Die destydse minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi het die stakings as onaanvaarbaar en vernederend beskryf en het toe gesê dat die betogers in hegtenis geneem moet word.

Die departement het nie in hul verklaring melding gemaak oor waarom die tugproses so lank geneem het nie.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.

Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op

Screenshot 2025-05-13 105216

68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap

Screenshot 2025-05-13 091435

49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom

Repliek

Van Wiskunde tot werk

GRVyh6TbEAAnjIT

Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar

Ander Nuus Artikels

cyril17
Ramaphosa: “Suid-Afrikaners wat na Amerika vlug is lafaards”
The,Increase,In,Unemployment.,News,In,The,Newspaper,On,The
“SA gaan onder werkloosheid gebuk, RNE skitter in sy afwesigheid”
Young,Business,Woman,Holding,Sign,Looking,For,A,Job
Werkloosheidskoers neem met 1-persentasiepunt toe
Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.
Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op
Screenshot 2025-05-13 105216
68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap

Tugverhoor afgehandel byna 3 jaar ná staking by Johannesburg-hospitaal


Luister nou

Volgende