24 Augustus 2023
Die Tshwane-metro sê hy het met die proses begin om bywoningsregisters deur te gaan om sodoende werknemers te identifiseer, wat glo nié aan die munisipale staking deelneem nie, maar wat steeds nie hulle dag-tot-dag take uitvoer nie.
Volgens ‘n verklaring deur die metro is dit duidelik dat sommige werknemers in die oggende inteken by die register, en weer uitteken in die middae, maar wat tussen daardie twee tye “verdwyn” en dus nie hulle take voltooi nie.
Sommige werknemers het vroeër vandeesmaand met ‘n staking deur die munisipale werkersvakbond, Samwu begin om ‘n loonverhoging te eis. Volgens die metro word belangrike dienste en herstelwerk hierdeur beïnvloed.
Samwu het ‘n direktief aan werkers gegee om terug te keer werk toe, maar sommige werknemers gebruik volgens die metro die “staking as ‘n verskoning om te dros.”
Die registers van al sewe streke in die stad sal nagegaan word. Diegene wat hulleself daaraan skuldig maak om in te teken en nié te werk nie se salarisse sal weerhou word.
Tshwane has begun analysing attendance registers to identify employees who are not on ‘strike’, but not performing their duties. pic.twitter.com/qcG5ke7ACx
— City of Tshwane (@CityTshwane) August 24, 2023