Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Tshwane-stadsbestuurder berispe personeel oor feesvieringe na wantrouemosie teen Brink slaag

1 Oktober 2024

Die Tshwane-metro se stadsbestuurder, Johann Mettler het sy personeel berispe, na hulle verlede week fees gevier het met die verwydering van die burgemeester Cilliers Brink.

Mettler het die personeel se optrede in ‘n interne memorandum as uiters swak beskryf. Hy het verder gesê dit was vernederend, onsensitief, afbrekend en beledigend.

Brink is tydens ‘n mosie van wantroue, wat deur die ANC ingedien is, uit die kussings as burgemeester gelig. Dié mosie wat ondersteun is deur die EFF en ActionSA het geslaag met 120 stemme teenoor 87. In ‘n video kan gesien word hoe die werknemers juig, hande klap en dans.

“Werknemers het die reg om met ‘n politieke party van hulle keuse te assosieer, maar Tshwane Huis is ‘n werksplek nie ‘n party-spesifieke politieke ruimte nie,” sê Mettler. Hy sê die werknemers se optrede gaan teen die Tshwane-metro se kultuur van respek, vriendelikheid en empatie.

Hy het werkers gewaarsku dat daar gevolge sal wees indien sulke gedrag herhaal word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Ander Nuus Artikels

0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende