Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Tshwane-raadslede skuld metro meer as R2-miljoen weens agterstallige diensterekeninge

6 Februarie 2023

38 raadslede in die Tshwane-metro se diensterekeninge is reeds die afgelope drie maande agterstallig.

Die totale skuld wat die raadslede aan die metro verskuldig, beloop R2 117 200,55 met geen betalingsooreenkoms in plek nie. Hierdie inligting word vervat in die agenda van ‘n vergadering van die oorsigkomitee vir finansiële dienste, wat Donderdag (9 Februarie) gehou gaan word, en in Pretoria FM se besit is.

Volgens die agenda het die 38 raadslede se skuld vanaf Desember met 0,01% toegeneem.
Vyf van die raadslede se totale skuld beloop R62 753,73, en het reeds afbetalingsooreenkomste onderteken.

Ingevolge die munisipale strukturewet 32 van 2000 is ‘n verkose raadslid verantwoordelik vir sy eie munisipale rekeninge en mag daar nie ‘n agterstand van drie maande van munisipale belasting, rekeninge vir dienste gelewer of eiendomsfooie wees nie.

Die raadslid, MI Madonsela het volgens die agenda die meeste skuld van meer as R960 000. BK Mathevula se skuld beloop R239 434, terwyl die derde raadslid op die lys, Mina Raphuthi Maboshadi meer as R100 700 skuld.

Foto: Rekord East

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende