10 Januarie 2023
Die Tshwane-metro het mense gewaarsku teen ‘n slenter op sosiale media, waar die stad glo poste adverteer.
Volgens die aanlyn plasing word mense uitgenooi vir onderhoude vir ‘n administratiewe klerk pos, en moet hulle môre (11 Januarie) by die metro se kantoor opdaag indien hulle belang stel.
Die metro sê vakante poste word slegs op sy webblad geadverteer.
Hy het gewaarsku dat hy bedrieërs wat sy handelsmerk misbruik gewaarsku en gesê hulle sal vasgetrek en in hegtenis geneem word, as hulle aanhou om te teer op mense wat desperaat op soek is na werk.