1 September 2023
Die Tshwane metroraad sê hy sal nie inwoners verligting kan gee op hul munisipale rekeninge vir dienste wat nie gelewer word tydens die onwettige staking van munisipale amptenare nie.
Dit is veral afvalverwyderingsdienste in groot dele van die stad wat hierdeur geraak word, en in sommige buurte het vullis vir tot vyf weke in asblikke opgegaar.
Die metroraad het ‘n beroep op inwoners gedoen om hom tegemoet te kom en steeds hulle rekeninge te vereffen.
Die stadsbestuurder, Johann Mettler, sê die munisipaliteit het weens die staking bykomende uitgawes aangegaan om kontrakteurs te huur.
Hy sê die stad moes ook geld bestee om veiligheidsdienste te verskaf om afvalverwyderingsdienste te beskerm.