11 Januarie 2024
Die burgemeesterskomitee in die Tshwane-metro het goedkeuring gegee om te begin met die proses om ‘n privaat vennoot vir die Wonderboom lughawe te vind.
Die metro sê pogings in die verlede om die lughawe winsgewend te bestuur, was onsuksesvol. Die burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, Kamogelo Mangena sê die lughawe is baie belangrik vir die stad, maar kon vir lank nie suksesvol bestuur word en ontwikkel word nie.
Die burgemeester Cilliers Brink sê die besluit om die privaat sektor betrokke te kry, sal van groot ekomiese waarde vir die hoofstad wees.
Die lughawe sal steeds aan die metro behoort, maar sal uitverhuur word aan ‘n privaat operateur om dit te bestuur en te ontwikkel.
https://twitter.com/tshwane_mayor/status/1745414081845064096