10 Februarie 2022
Die Tshwane-metro sê sy kitsveldtog – om bekende instellings wat groot bedrae aan hom verskuldig is se dienste te onderbreek – is besig om vrugte af te werp.
Die elektrisiteitstoevoer na Denel is weer herstel nadat ‘n afbetalingsooreenkoms tussen die partye gesluit is.
‘n Woordvoerder van die wapenvervaardiger, Pam Malinda, het die gerugte bevestig.
Denel is een van verskeie prominente kliënte – wat regeringskantore, winkelsentrums, buitelandse sendings en hotelle insluit – wat se nutsdienste onderbreek is weens agterstallige rekeninge.
Nog een van die departemente, wat die metro groot skuld is die departement van infrastruktuur-ontwikkeling met sy skuld van R245-miljoen. Die departement van openbare werke se skuld beloop R110-miljoen.
Die departement van hoër onderwys en opleiding se skuld beloop net meer as R2-miljoen.
Die stadsraad het die afgelope twee dae ook van die geleentheid gebruik gemaak om publisiteit uit sy optrede te bekom aangesien hy sy optrede – met talle foto’s daarby – wyd op die sosiale media gedeel het.
Good morning Tshwane! Getting ready to collect money from those who owe us. These debts threaten the very existence of the municipality and its services. #TshwaneYaTima #CoTRevenueCollection pic.twitter.com/q5H4ejx97q
— City of Tshwane (@CityTshwane) February 10, 2022