Die burgemeester van die Tshwane-metro, dr Nasiphi Moya, het vroeër vandag haar stadsrede gelewer.
Sy het haar toespraak begin deur te sê dat Pretoria nie net die land se hoofstad is nie, maar die tuiste van studente, ambassades, en groot maatskappye. Dit is die tuiste van kampioene soos die Blou Bulle, Mamelodi Sundowns en die krieket-legende, AB de Villiers.
Moya sê meer as 4-miljoen mense noem Pretoria hulle huis. Sy sê sy is trots om te sê dat die metro se se finansies meer stabiel is as wat dit in ‘n lang tyd was. Volgens haar is die vordering wat daar in die metro gemaak is en die planne wat ontwikkel is, weens die metro se gedeelde verbintenis om die inwoners van die metro te dien.
Volgens Moya het sy verskeie prioriteite as burgemeester, naamlik om finansiële stabiliteit te verseker, om beleggers te lok, om infrastruktuur te ontwikkel, dienslewering te bespoedig, en om ‘n veilige en skoon stad vir inwoners te bied. Sy sê maatskaplike dienste en kliëntediens sal ook haar volle aandag geniet.
Moya sê verder dat onder die leierskap van die adjunk-burgemeester, Eugene Modise, is die Skuldverligtingskema tot die einde van Mei verleng om hulp aan huishoudings en besighede te bied.
Die Tshwane-metro se skuld aan Eskom was teen November 2024 op R6,66-miljard, maar het intussen na R5,66-miljard verlaag. “Ons het ten doel om die metro se ekonomie teen 2029 met 3,9% te groei.”
This morning, we speak directly to our residents of this Jacaranda City, our beloved Tshwane.
Please tune in as I deliver the State of the Capital City Address during a special council sitting:https://t.co/6W8aI3oDU9@CityTshwane #TshwaneSoCA pic.twitter.com/XKF7RcLJQV
— Dr Nasiphi Moya (@nasiphim) April 10, 2025