4 Junie 2024
Die burgemeesterskomiteelid vir finansies in die Tshwane-metro, Jacqui Uys het vanoggend ‘n toespraak gehou oor die stad se finansies, asook die metro se beplanning vir die 2024/2025-boekjaar.
Die burgemeester, Cilliers Brink het vroeër gesê dis vir die metro belangrik om die stad se finansiële stabiliteit steeds te handhaaf.
Uys het tydens haar toespraak gesê dat dienslewering vir die inwoners van Pretoria dié belangrikste kwessie is, en meen die nodige befondsing moet beskikbaar gemaak word om dienslewering te kan verskaf.
Sy sê dié begroting sal nie ‘n sogenaamde paradys skep nie, maar sal ‘n goeie fondasie skep om die stad se finansiële situasie te verbeter.
“Die metro lê ‘n begroting van R50,6-miljard ter tafel.” Uys sê van die tarriefverhogings is 5,9% vir water en sanitasie, 5% vir vullisverwydering en 5% vir eiendomstarrie.
#TshwaneBudget2024
— Tshwane Coalition (@tshwane_mayor) June 4, 2024
– Our proposed increases in rates and tariffs, when compared to other metros are the most reasonable.
– Investment in our electricity network. R179m allocated to upgrading substations.
– Soshanguve Power line Project R60m.
🗣️ MMC for Finance Jacqui Uys pic.twitter.com/8alkND6cUs