12 November 2024
Die Tshwane-metro se 107- tolvrye noodnommer is nou reeds ’n week lank van lyn af, weens ’n stukkende vesellyn.
Dié nommer word gebruik in die geval van ’n brand of ’n noodsituasie waar reddingswerkers nodig is.
Die publiek word gevra om alternatiewe nommers te gebruik en brand- en reddingsdienste by 083 232 5398 of 082 879 1191 te ontbied.
Volgens die woordvoerder vir die metro se nooddienste, Zwelithini Mnguni, werk sy tegniese ondersteuningspan hard om die probleem op te los.
Die telefoonlyn wat buite werking is, is ’n voortdurende probleem wat ook in Augustus en Oktober voorgekom het.