Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende

Tshwane-metro samel 98% van sy beoogde begroting in

Die Tshwane-metro sê hy kon in die 2024/2025-boekjaar 98% van sy beoogde begroting insamel.

Die adjunk-burgemeester en burgemeesterskomiteelid vir finansies, Eugene Modise sê danksy inwoners se ondersteuning kon die metro R40,5-miljard insamel van die R41,3-miljard wat hy beoog het.

Modise sê hierdie prestasie beklemtoon die metro se pogings om finansiële stabiliteit in die metro te verseker.

Hy sê in Junie vanjaar is ‘n rekord van 106% van sy maandelikse teiken in inkomste ingevorder.

Die metro kon R3,6-miljard insamel teenoor sy teiken van R3,4-miljard vir Junie. Dit is ‘n surplus van R205-miljoen.

Modise sê hierdie surplus het die jaarlikse tekort verminder van R989-miljoen na R784-miljoen wat volgens hom die Tshwane-metro se finansiële vooruitsigte versterk.

Hy het die betalende inwoners van die stad bedank, en meen hulle is verantwoordelik vir ‘n meer volhoubare-metro wat dienste betyds en goed kan lewer.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

Ander Nuus Artikels

517024440_1301607634868916_5386749225797019254_n
Rowers wou slange vang
donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende