Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende

Tshwane-metro kry binne twee weke ‘n nuwe burgemeester

27 September 2024

Die Tshwane-metro sal na verwagting binne die volgende twee weke ‘n nuwe burgemeester hê.

Dit kom nadat die DA se Cilliers Brink gister deur ‘n mosie van wantroue as die burgemeester van dié metro verwyder is. Dit is deur die ANC teen Brink ingestel.

Die speker in die Tshwane-metrorraad, Mncedi Ndzwanana, hou vol dat dit genoeg tyd is en dat die raad nie in duie sal stort in die tussentyd nie. Dit sal dié metro se agtste burgemeester sedert 2016 wees.

Intussen het Brink in reaksie gesê hulle is teleurgesteld dat die mosie geslaag het.

Hy sê egter dat sy eerste prioriteit nou sal wees om seker te maak dat – as lid van die DA – die werk wat onder hulle bewind gedoen is nie ongedaan gemaak sal word nie. Volgens Brink sal daar spesiale klem op drie projekte gelê word, met die opgradering van die Hammanskraal-waterwerke een daarvan.

Die tweede saak wat volgens hom buitengewone aandag gaan geniet is om seker te maak dat senior amptenare wat moeilike besluite geneem het – en nie aan politieke partye verbind is nie – beskerm sal word.

Ten derde sê Brink wil hulle seker maak dat dissiplinêre optrede teen die sogenaamde Rooiwal-vyf – vermoedelik korrupte amptenare wat bande met die ANC het – nie gestaak word nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Low,Section,Of,Elementary,Students,Sitting,In,Row,In,Classroom

Nuuskommentaar: Skoleveiligheid moet ook gemeenskap se fokus wees

element-1-780x470-1

Video met politici se gesigte op urinale veroorsaak herrie

unnamed

Die Johannesburg-metro het ‘n nuwe speaker

masels2-1

Uitbreking van masels tref ook die Vrystaat

TSHWANE2

Tshwane-metro samel 98% van sy beoogde begroting in

Ander Nuus Artikels

Gu15JKlWQAAx1Ae
“Die DA se besluit om nié aan die nasionale dialoog deel te neem nie is vreemd,” skryf Mbeki.
david
Ramaphosa en ander politieke leiers betreur David Mabuza se dood
The-South-African
Voormalige adjunkpresident van Suid-Afrika sterf
Low,Section,Of,Elementary,Students,Sitting,In,Row,In,Classroom
Nuuskommentaar: Skoleveiligheid moet ook gemeenskap se fokus wees
element-1-780x470-1
Video met politici se gesigte op urinale veroorsaak herrie

Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende