7 Augustus 2024
Inwoners van die Tshwane-metro word aangeraai om voor môremiddag, 8 Augustus om 16:00 voorafbetaalde krag aan te koop.
Dit omdat die metro se internet-diensverskaffer se datasentrum in Centurion tydens die langnaweek opgegradeer gaan word.
Verskeie internetdienste van die metro sal nie beskikbaar wees nie, soos die ontvang van e-posse, hul webblad, navrae oor munisipale rekeninge, sowel as die verifiëring van die aankoop van voorafbetaalde krag.
Die metro doen ‘n beroep op voorafbetaalde kragverbruikers om genoeg krag aan te koop om die krag aan te hou tot Sondag.
Verbruikers sal tydens die langnaweek steeds krag kan aankoop, maar sal dit nie noodwendig kan laai nie.