200 GESONDHEIDSWERKERS IN PTA COVID-POSITIEF


Luister nou

Volgende

200 GESONDHEIDSWERKERS IN PTA COVID-POSITIEF

21 Desember 2021

Die Tshwane-metro se gesondheidsdepartement het sy kommer uitgespreek oor die hoë Covid-besmettingskoers onder sy gesondheidsorgwerkers.

Die burgemeesterskomiteelid vir gesondheid, Rina Marx, het bevestig dat meer as 200 gesondheidsorgwerkers sedert die begin van November Covid-positief getoets het. Sowat 60 van hierdie groep is tans in selfafsondering.

Marx sê dit skep rede tot kommer, omdat die stad se gesondheidsorgwerkers ’n noemenswaardige rol speel in die stryd teen Covid-19. Marx meen hulle is nie net daarmee getaak om pasiënte te behandel en te versorg by hospitale nie, maar hulle is ook op die voorgrond wat betref die opvoeding van die publiek oor die virus en is ook verantwoordelik vir die toetsing van inwoners.

Marx sê verder dat die gesondheidsorgwerkers die hart van die hoofstad se Covid-19-bestuurstrategie is.

Die Tshwane-metro het opnuut ’n beroep op sy inwoners gedoen om hul deel te doen om die verspreiding van die virus te help keer deur aan die veiligheidsmaatreëls gehoorsaam te wees, soos om sosiale afstand te handhaaf, maskers te dra en hul hande gereeld te ontsmet.

Fotokrediet: Getty Images

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

200 GESONDHEIDSWERKERS IN PTA COVID-POSITIEF


Luister nou

Volgende