Tshwane-metro: 7- tot 9 dae vir Mooikloof substasie herstelwerk


Luister nou

Volgende

Tshwane-metro: 7- tot 9 dae vir Mooikloof substasie herstelwerk

Die Tshwane-metro het vanoggend by die Mooikloof substasie gesê dat die brand – wat gisteraand hier uitgebreek het – die binnekant van die substasie totaal verwoes het.

Die gebou se dak is ook erg beskadig. Volgens die metro se woordvoerder, Hilgard Matthews is hulle nog besig met ondersoeke om die oorsaak van die brand te bepaal en ook die totale omvang van die skade. “Ons wag nog om te hoor van ons ingenieur om te sê of die gebou veilig is.”

LEES OOK: KYK: DELE VAN PRETORIA SONDER KRAG NÁ BRAND BY MOOIKLOOF SUBSTASIE

Die versekering sal volgens Matthews ook eers die gebou moet besoek voordat die ondersoek afgehandel kan word en herstelwerk kan begin.

Verskeie woonbuurte sit steeds sonder elektrisiteit, onder meer Morelata Park, Pretorius Park, Mooikloof, Olympus, Woodlands en dele van Garsfontein.  Volgens Matthews het ‘n werknemer van die substasie ligte beserings opgedoen.

Hy het ‘n beroep op mense gedoen om nié alle gerugte te glo nie. Dit kom te midde van bewerings dat die substasie binne ‘n paar uur herstel gaan word. Matthews meen mense moet hulle eerder voorberei op 7 tot 9 dae vir die herstelwerk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Tshwane-metro: 7- tot 9 dae vir Mooikloof substasie herstelwerk


Luister nou

Volgende