Die EFF sê Amerika se president, Donald Trump wil gebeure in Suid-Afrika gebruik as ‘n rede om die G20-beraad te boikot, hoewel hy eintlik – volgens die EFF – skaam is om wêreldleiers in die gesig te staar.
Die leier van die EFF, Julius Malema sê Trump misbruik Suid-Afrikaanse kwessies soos volksmoord en onteiening sonder vergoeding as ‘n rede waarom hy dalk nie die G20-beraad in November in Suid-Afrika wil bywoon nie.
Malema meen egter Trump is skaam om wêreldleiers teë te kom nadat hy sogenaamde wederkeurige tariewe ingestel het. “Hy het homself en Amerika verneder met sy tarief-voorstelle.”
Volgens Malema sal dit egter vir die EFF goeie nuus wees indien Trump nie die beraad bywoon nie omdat dit ‘n kans vir die wêreldleiers sal wees om ‘n ekonomiese herstelplan te bespreek, sonder om staat te maak op die Amerikaanse dollar.
Trump het vroeër ‘n plasing op sy Truth Social sosiale media-platform gemaak waarin hy weer gekap het na die gebeure in Suid-Afrika, en hoe sekere minderheidsgroepe behandel word. Hy het ook verskeie videos van Malema geplaas, met uitlatings wat hy oor die afgelope paar jaar gemaak het.
♦️Must Read♦️
EFF STATEMENT ON DONALD TRUMP’S DECLARATION OF NON-ATTENDANCE OF G20 SUMMIT IN SOUTH AFRICA, AND CLAIMS OF GENOCIDE AND LAND CONFISCATION REFERENCING A DEBATE BY CIC JULIUS MALEMA IN PARLIAMENT
– The EFF advises Donald Trump not to use South Africa as a reason to… pic.twitter.com/IfTBZCpbb0
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) April 12, 2025
4 Responses
Malema is ‘n verleentheid!!!
Juluis Malemma di grootste xyuxyz in die wereld. Mnr Trump help ons ASSEBLIEF om van die gedrog ontslae te raak.
Ek STEM SAAM DAT MALEMA N GROOT VERLEENTHEID IS NA ALLE KANTE TOE.
Wie gee om wat hy dink??