Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het bevestig dat begrotingsbesnoeiings deur die departement van korrektiewe dienste ernstige voedselskaarstes veroorsaak vir diere in die land se 21 landbou-korrektiewe sentrums.
Dit raak onder meer varke, melkbeeste, pluimvee asook die perde- en honde-eenhede.
Tydens ’n vergadering wat gister plaasgevind het is hierdie kwessies formeel erken. Elizabeth Lupele – die nasionale direkteur vir produksiewerkswinkels en landbou, het haar ontsteltenis uitgespreek oor die haglike toestande, veral by die Baviaanspoort Korrektiewe Sentrum.
Voorheen is die varke twee keer per dag gevoer, maar nou kry hulle net een keer per dag ’n verdunde mengsel. Met naastenby 1 500 varke by Baviaanspoort en slegs 60 wat daagliks geslag word, is die voor die hand liggende oplossing om veegetalle te verminder volgens die beskikbare voer.
Die NDBV eis dringende ingryping deur die minister van korrektiewe dienste om die diere se lyding te beëindig. Indien nie, moet alle diere verwyder word en diegene verantwoordelik vir hul verwaarlosing aanspreeklik gehou word.
4 Responses
So hartseer. Altyd die diere wat ly
Onmenslik wreed en ondenkbaar dat dit tot hierdie niks gekom het, terwyl daar lekker geleef word met staatsgeld! Maak my briesend kwaad! Hoe slaap jy as jy diere so laat suffer?
Ek kan my nie voorstel hoe ‘n honde-, berede- of landbouman van diens af kan gaan en by sy huis vir aandete kan aansit terwyl sy diere nog geen of te min kos gekry het nie!!
Hierdie is niks anders as swak administrasie en traak-my-nie-agtigheid.
Ek kan my nie voorstel hoe ‘n honde- of landbouman van diens af kan gaan en by sy huis vir aandete kan aansit terwyl sy diere nog geen of te min kos gekry het nie!!