Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Transnet se stelsel weer gedeeltelik aanlyn

28 Julie 2021

Goeie nuus vir in- en uitvoerders is dat Transnet se sogenaamde NAVIS-stelsel weer aanlyn is en deur kliënte gebruik kan word.

Die hawe-operateur gebruik die NAVIS-stelsel om die inligting oor die vraghouers mee te bestuur.

Transnet het sy kliënte laat weet dat die twee laaiplekke op die Durbanse hawe – die besigste vraghouerterminaal in die land – weer aanlyn is, en daar word aanvaar dat dit ook van toepassing is op die ander drie hawens in die land wat ‘n vraghouer-terminaal het.

LEES OOK: TRANSNET DEUR KUBERKRAKERS GETEIKEN

Hoewel die hawe-owerheid nog nie met vragmaatskappye deur middel van e-pos kan kommunikeer nie, maak hulle gebruik van teks-boodskappe.

Nóg ‘n stelsel wat deur die kliënte aanlyn gebruik word, die sogenaamde EDI, is nog nie in diens nie en daar word nog aan dié stelsel gewerk.

Transnet het bekend gemaak dat hy nie stoorgeld hef vir die tydperk wat vraghouers nie geskuif kon word nie.

Die hawe-operateur is sedert Donderdag lamgelê nadat kuberkrakers sy stelsel binnegedring het en hy nie met sy werksaamhede by die vraghouer-terminale kon voortgaan nie.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700

Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya

Afrika het sy warmste dekade nóg beleef

Pieter_Groenewald

3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Ander Nuus Artikels

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
SAUK TV-nuus skuif binnekort weer na ‘n vroeër tydgleuf
Gq_5ZqlXwAA4loq
John Steenhuisen besoek ook VSA – wil handelsverhoudinge versterk
Joe-biden-scaled
Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer
b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende