27 Februarie 2024
Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) het ‘n dringende beroep op alle vervaardigers van grondboontjiebotter en ander grondboontjieprodukte gedoen om hulle produkte opnuut te toets vir vlakke van aflotoksiene.
Dit kom nadat verskeie handelsmerke se grondboontjiebotter die afgelope ruk van die winkelrakke verwyder moes word weens die vlakke van aflotoksiene wat té hoog is.
Dit kom natuurlik in grondbone voor, maar maagpyn en braking kan voorkom indien daar té veel van dié gifstowwe in die produk voorkom. Die waarnemende kommissaris van die NVK, Thezi Mabuza sê sy is bekommerd oor die aantal produkte wat verwyder moet word.
Die produkte wat tot op hede van winkelrakke onttrek is sluit in:
- Dischem se Lifestyle-grondboontjiebotter
- Wazoogles Superfoods-grondboontjiebotter
- Eden All Natural-grondboontjiebotter
- Pick N Pay se No Name-grondboontjiebotter
- Woolworths se grondboontjiebotter-roomys EN
- Eat Naked se grondboonprodukte, insluitend peanut cup.
Mabuza sê indien iemand een van dié produkte aangekoop het moet dit teruggeneem word na die betrokke winkel.