3 Oktober 2022
‘n Beampte van die Tshwane-metropolisie, wat nie aan diens was nie, is vroeg gisteroggend tydens ‘n kaping doodgeskiet.
Volgens die woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, Isaac Mahamba het die kaping in Olievenhoutbosch, in Centurion plaasgevind.
Die beampte se liggaam is met verskeie skietwonde gevind.
Luidens berigte was die beampte se meisie saam met hom in die motor ten tyde van die voorval. Sy is in die been raakgeskiet en ontvang tans behandeling by ‘n hospitaal.
Die polisie ondersoek tans die voorval.