7 April 2022
Die internasionale nuusmedia-toekennings, INMA, het besluit om die inskrywing van Independent Media oor die omstrede Tembisa-tienling as finalis te skrap.
Daar is gister aangekondig dat die inskrywing – ten spyte van beswaar deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (SANEF) – een van die finaliste in die kompetisie is.
LEES OOK: TIENLING-FOPNUUS WEN DALK TOEKENNING VIR BERIGGEWING
Die dokumentêre reeks – wat oor die boeg van mensehandel gegooi is – was in die kategorie vir die beste gebruik van die sosiale media ingeskryf.
INMA se uitvoerende hoof, Earl J Wilkinson sê die organisasie het kennis geneem van sekere besware oor die reeks en het gevolglik besluit om dit te onttrek.
Op sý beurt dring Independent Media aan op ‘n verskoning van SANEF omdat hy aan INMA geskryf het en gevra het dat die produksie onttrek word.