25 November 2021
‘n Gedenkdiens sal môre vir die bekende sanger, Theuns Jordaan by die Moreletapark-gemeente in Pretoria gehou word.
Dit kom nadat hy verlede Woensdag in die ouderdom van 50 oorlede is nadat hy in September verlede jaar met leukemie gediagnoseer is. ‘n Intieme diens sal vir die sanger by die kerk gehou word, maar sy duisende aanhangers sal dit wel aanlyn kan volg.
Sy pa, Willie en musiekvriende sal die diens bywoon, maar sy ma Marina sal die diens virtueel volg omdat sy nie van Bethuli in die Vrystaat kan reis nie.
Jordaan was bekend vir liedjies soos Soos Bloed, Namibsroos en Net voor die storm kom. Aanhangers kan die diens regstreeks op Afrikaans is Groot se YouTube-kanaal asook Jordaan se Facebook-blad volg.
Stem vir die Aitsa’s